More

    Water of Vodka…

    Was daar water of vodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Zane Beswick in 2015-2016, sy ‘undercover’ dae. Foto: Verskaf

    “Welkom in die Islamitiese Republiek van Afghanistan.” Dis die woorde wat jou groet by die wind verwaaide lughawe. Die “Islamietise Staat” gedeelte het jou laat gryp na ‘n heel vreemde reëlboek waarmee jy jou gou sou moes vereenselwig. My gewoonte om as teken van dankbaarheid iemand se hand te druk, veral die skoner geslag s’n, of die vriendelik elmboog-tik, moes ek vining afleer. Ek het dit eintlik al in Doebai gelos. Maar varkvleis eet en so ‘n knertsie na werk kon ek nie so maklik afleer nie. Noodgedwonge moes ek vining smokkel tegnieke leer.

    Kort na ek in Kaboel aangekom het, het ek ‘n mede Suid-Afrikaner ontmoet wat by een van die Westerse ambassades ‘n sjef was. Hy het my voorsien van die verbode voggies waarna ek verlang het. Let wel, teen R900 ‘n liter.

    Ons transaksie word beklink wanneer afleweringe gedoen word by die ambassade. Op ‘n dag toe ek nog ‘n rou nuweling was, ry ek en my drywer Andries terug met my bottel vodka netjies toegevou in my Vac Pack. Ek noem hom maar Andries, want sy regte naam het so geklink, maar was anders gespel. Skielik is ons in ’n padblokkade, met Afghaanse polisie orals.

    Ons stop en Andries maak sy venster oop. Ek begin senuagtig raak. Andries begin met die polisieman gesels, maar hy is nog nie klaar gepraat nie, dan begin die polisieman nog harder praat. Dit het geklink soos ‘n stryery. Toe kom daar ‘n tweede polisieman by en hy redeneer nog harder as Andries en die eerste polisieman. Ek sweet en my een been begin bewe van die senuwees. My Vac Pack met die verbode middel lyk skielik yslik groot onder my voete. Die eerste offisier begin stadig om die voertuig loop terwyl Andries nog redeneer met die tweede polisieman. Die manne praat hard, skel. Andries draai na my en sê iets, maar ek registreer nie eers nie. Toe hy die derde keer met sy swaar aksent met my praat, hoor ek hy sê ek moet my venster oopmaak. Ek maak toe oop en die polisieman steek sy hand deur. Ek gee toe my papnat geswete hand aan hom. Met die sê hy vir my, “Welcome to Afghanistan” in sy beste gebroke Engels. My oorentoesiastiese dankbaarheid van driemaal dankie sê, moes hom laat agterkom het alles is nie pluis nie, maar hy het ons toe aangewaai. Ek is sweet-sweet, bewe-bewe terug na my skeepshouer tuiste.

    Later het ek uitgevind dat wanneer die plaaslike mense groet, timmer hulle jou eers met ‘n klomp vrae oor jou gesondheid en jou familie se gesondheid. Dan hoop hulle dat jy gesond is en jou familie gesond is. En voor jy nog kan dink aan ‘n antwoord, praat hulle oor die weer. Nou vir my as ‘n vreemdeling het dit soos ‘n stryery geklink, want almal praat hard en gelyk op dieselfde tyd.

    Terug in my skeepshouer later daardie nag het ek my verbode middel in twee leë 500 ml waterbottels gegooi om dit so tussen ander waterbottels weg te steek. Die vermommingstaktiek het my duur te staan gekom.

    Ek het eendag warm en moeg van ‘n lang dag se skof teruggekom en oudergewoonte water in die ketel gegooi vir my koppie Engelse tee. Niks verdryf honger, dors of moegheid soos ‘n salige koppie warm, soet Lypton tee, wat ek ten duurste by die westerse produkte-winkel aangeskaf het. Die ketel se water het ‘n onaangename reuk gehad, wat ek geïgnoreer het. Alles stink in Kaboel. Ek het suiker en melk ingesit en vol verwagting die eerste teug geneem. Dis toe dat die tee met ‘n boog deur die lug trek. En ek weet ek het sopas 500 ml gekookte Vodka ‘ketelwater’ wat R900 ‘n liter kos vir Kaboel se dreine geskenk.

    Zane Beswick is ‘n sjef en boer en digter. Hy is die eienaar van die Schwarma Shack op Robertson en het uitgebreide werksondervindig, onder meer in die Hotel Camelot in Afghanistan. Zane beskryf homself as volg: “Ek behoort nêrens en ek behoort orals. Ek leef vir die oomblik en ek leef vir die ewigheid.”

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.