More

    Vincent

    Zane Beswick is ‘n sjef en boer en digter. Hy is die eienaar van die Schwarma Shack op Robertson en het uitgebreide werksondervindig, onder meer in die Hotel Camelot in Afghanistan. Zane beskryf homself as volg: “Ek behoort nêrens en ek behoort orals. Ek leef vir die oomblik en ek leef vir die ewigheid.”

    Zane Beswick. Foto: Verskaf

    Vincent

    Saam het ons in die boom gesit en rook –
    ons ma’s in die kombuis, gesing en gekook.

    Kleilat in die vlei op Blackrock –
    sonder ‘n lat, maar met ‘n stok.

    Toktokkie gespeel en vrugte gesteel in die nag –
    met pense wat kramp en ouers vermy die volgende dag.

    Wie het die tafel met die suurdeeg gestamp?
    Gelukig is daai ou dood, anders was daar ‘n ramp.

    In die Oog het ons dikwels geswem.
    Altyd afdraand, twee op ‘n fiets, sonder ‘n rem.

    Vissies uit die leiwatersloot geruk –
    in geval, benoud en na lug gesnik.

    Van die fietsbende weggery
    anders het ons op ons moer gekry.

    Op Ouma se plaas het ‘n stok deur jou hand gesteek,
    op pad terug van die put het jy oor ‘n bos geneuk.

    Kalwers gery in die stikdonker nag
    grond toe gedonder en geskaterlag.

    Toktokkie op die plotte… die oom met die geweer-
    moeg gehardloop sonder skuiling slat ons net neer.

    Maar jy het nie gehuil nie.
    Dit was nie jou styl nie.

    So het ons geleef –
    ek en my neef.

    Maar dit is alles in die verlede.
    Nou glo ek, het hy vrede. – Zane Beswick

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.