More
    Home Afrikaans Skoonma's

    Skoonma’s

    In hierdie poëtiese vertelling onthou Lise Beswick die dag toe haar skoonma ‘n graf gewas het. Dit was die graf van haar seun, van Lise se gewese man. Hierdie relaas vorm die begin van ‘n essay vol van wonderlike insig oor skoonma’s en vrouens en mans.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Ek sien dit soos gister. My skoonma met ‘n emmer seepwater en lappe, besig om haar seun, my gewese man, se nuwe plat swart marmer grafsteen blinkskoon te was.

    Daarna is ons rye verder na haar man se ou graf. Steeds met die emmer en lappe. Hier is net so gewoerts-warts en “So ja.”

    Ma en seun het ‘n bloedband. Vrou en man ‘n romantiese, emosionele band wat kan groei of kwyn.

    Skoonma grappe kom gewoonlik van mans. Seker oor hul in die minderheid voel teen ma en dogter. Skoondogters trek dun lippies – vertel nie grappe nie.

    Daar is ‘n stille stryd tussen skoonma’s en hul seuns se vrouens. By my eerste skoonma kon ek lê en TV kyk, lê en gesels – lê en eet ook as ek sou wou. Sy sou vir ons ‘n glasie soetwyn in die bed bring as ons laatslaap. So was ons verhouding. Dis uitsonderlik.

    By die tweede een sit jy soos ‘n karakter in ‘n Jane Austin fliek. Sonder ‘n borstrok. Redelike inspanning. Jy durf nie jou poeding voor jou kos eet of jou hare met ‘n nommer 4-lem sny nie. My eie ma het ook nie van die kort hare idee gehou nie, maar sy het vir ons ‘n lemon meringue tert gekoop vir brekfis. Wat ons na hartelus kon opeet.

    Wat is dit met skoonma’s. Ek is ook een. Ek bewonder my skoonseuns oor hul so mooi met my meisiekinders werk. En hulle is sag op die oog. Ek weet nie wat hulle van my dink nie. Kon miskien die meisies leer stryk en kas regpak het. Maar daar was nie kaste in ou huise nie. Ten minste kan die meisies boor en saag en verf en vuurmaak.

    Vriendinne het al vertel hoe die skoonma handomkeer ná die egskeiding teenoor hulle verander het. Asof hulle nie meer bedreig voel nie.

    ‘n Mens verander as jy ouer word. My skoonma nou was my vriendin voor sy my skoonma was. Ek doen nog steeds dinge verkeerd – kou te hard, sit nie regop nie, is verstrooid. Maar ek is lief vir haar seun en hy vir my. Dit is haar troos.

    Ons is almal bietjie gedamage. En soort soek soort. Een van twee dinge kan gebeur – of die gevolge van die skade verdubbel , óf groter begrip bring genesing.

    Kan skoonna’s nie hul éie mans hê nie. Die mans gaan vroeg dood of weg en dan moet die seuns instaan. Dan dink die vrou hy is liewer vir sy ma – sy was sy eerste vrou. ‘n Baba kan nog sonder sy pa, maar nie sonder sy ma nie.

    En dan begin die stille stryd, want ‘n vrou weet hoe diep ‘n ma se liefde lê. Albei waak jaloers oor die seunman. Want ‘n man is so verlore, sy sondes so voorspelbaar.

    Met ‘n vrou, weet jy nooit.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.