More
    Home Afrikaans 'n Mens moet 'n boom in jou lewe hê

    ‘n Mens moet ‘n boom in jou lewe hê

    Woordvrou Lise Beswick besing die Makedamia boom in haar tuin. Dis ‘n boom wat straatmense uitnooi om vroegoggend neute te kom versamel, ‘n boom waaronder die huismense trou en Bybel lees, ‘n boom waaronder die mak vark en die wolfagtige waghond kuier. Dis ‘n digterlike boom, ‘n ‘poetree,’ vertel Lise.

    Lise Beswick het ‘n ‘poetree’ in haar tuin. Foto: Verskaf

    Twee mense kan weerskante staan en om haar stam hande vashou. Haar takke strek ver, hoog en wyd. As die wind sterk waai, dat takke sou kon breek, vrees ek vir heinings en dakke.

    Ons Chinese lantern met ‘n vlammetjie binne-in het Oujaarsaand skeef gesweef en in die takke gaan vassit. As haar blare sou vlamvat soos die Makedamia s’n, wat groen óf droog soos olie op die vuur is, sou daar ‘n grootskaalse inferno wees wat enige vuurwerke sou ore aansit. En die brandende bos ‘n go sou gee. Nie weer ‘n Chinese lantern nie, dankie. Dit stuur jy op die oop see die lug in.

    As ek tussen een en twee die Zimbabwiese huishulp soek, lê sy uitgestrek, altwee arms agtertoe soos een wat onderstebo vlinderslag swem, op die sagte bank onder die boom.

    My oudste dogter het onder die boom, met die halwe boomhuis wat nog klou van jare gelede, getrou. Ouma se persiese mat onder sy blaredak, gaste op piekniekkomberse. Vriendin wat tjello speel op ‘n verhogie bo-oor die mak kolgans se dammetjie.

    Haar blare vorm ‘n tapyt ‘n paar centimeter dik elke jaar as hulle geel soos vlamme val. Toe ek en my Zane Junie-maand getrou het, was die geel blare konfetti in mandjies by die agterdeur.

    Sy gooi pekanneute af wat seer tref. Straatmense staan vroegoggend die tuin vol. As ek roep: “Wàt maak julle!” antwoord hulle verontwaardig “Ons tel neute op” met ‘n wat-is-jou-probleem-houding.’

    Na ‘n skermutseling tussen ‘n neutopteller en my dogter het die reuse Ceasar gekom, ons Ovcharka waghond. Sy oupa was van Mongolië, ‘n wolftemmer wat die wolwe van die skape moes weghou.

    Ons eet ontbyt onder die boom, lees Bybel en bid onder die boom. Met loadshedding sit ons buite onder die boom en kyk na die sterre en luister na die stilte.

    Soggens en skemeraand klap die duiwe hul vlerke soos een wat ‘n nat waslap rondskud. Hulle koer en paar en tjorts altyd op mense wat niks hou van op-getjorts-word-nie.

    Die hadidas kuier soms daar. En ‘n Piet-my-vrou. Die Ovcharka grawe gate om vir hom ‘n koel plek te maak, want sy pels is dik, maar hy sal nooit by haar wortels uitkom nie. Sy het ‘n penwortel so diep soos wat sy hoog is. Sy is kaal in die winter en oornag skittergroen in die lente.

    Ons mak swartvark, Lucy, het die neute gekou dat hul kraak. Eenkeer toe my kat weg was, het ‘n troeteldierlose vriendin wat Lucy met die hangmatpens suspisieus dopgehou het, gewonder of sy nie die kat opgeëet het nie.

    Moeg, hartseer, opgewonde – die boom is altyd daar. Sy lewe. Sy is deel van ons lewe. Sy is ons Poetree.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.