More
    Home Afrikaans Algemeen Luister na die heuning-les

    Luister na die heuning-les

    Heuning is nie net ‘n anti-oksidant nie, skryf Lise Beswick. “Dis in ‘n kategorie van sy eie. In die Bybel is heuning in 97 van die honderd verse daaroor ‘n simbool van oorvloed, voorsiening, sukses. Die manna in die woestyn was wit soos koljandersaad en het gesmaak soos heuning-wafers.”

    “Heuning is nie jêm nie. Dis in ‘n kategorie van sy eie.” Foto: The Grotto

    Ek is sommer vies. Ek het nie gekry wat ek gedink het ek gaan vind nie: heuning is goddelik, ‘n wonderwerkende geneesmiddel, bo-natuurlik, onvervangbaar.

    Nee. Niks daarvan nie.

    “Heuning is steeds ‘n suiker.”
    “Moenie meer as ses teelepels daarvan per dag eet nie.”
    “Een eetlepel suiker bevat 49 kalorieë. Een eetlepel heuning 64.”
    “Kinders onder ‘n jaar mag nie heuning eet nie.”
    Spreuke 25:16 “As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het, as jy te veel eet, word jy naar.”

    Ek voel om my hande in die lug te gooi en te roep : “Nou waarom eet ek dan heuning! Waarom het mense so ‘n bewondering daarvoor?”

    Dan kyk ek weer.

    Heuning is ‘n anti-oksidant. Dit beskerm die liggaam teen die vrye radikale (klink soos ontsnaptes uit ‘n tronk) wat vrygestel word as die liggaam kos afbreek of wat vorm as jy aan tabakrook of bestraling blootgestel word.
    Dit is anti-bakteries en kan op wonde gesmeer word om infeksie te voorkom.
    Dit bevorder bloedvloei na die hart.
    Dit bevat vitamine C, B6, B12, A, E en D.
    Dit help teen keelseer en hoes.
    Dit laat die liggaam serotonien – die goedvoel-hormoon – vrystel.
    Dit help vir migraine.
    Bysteek-terapie help teen psoriasis, ekseem, rumatiek, artritis, Parkinson’s, Alzheimers, Lou Gehrig se siekte – as jy nie allergies vir die gif is nie.

    Bye werk hard in die lente om kos bymekaar te kry vir die winter. Hulle produseer drie keer meer heuning as wat hulle nodig het, sodat daar vir ons ook is.

    Heuning is ‘n klaar produk en moenie saam met ander goed verwerk word nie, dan verloor dit van die vitamine en minerale.

    Ek eet heuning, want suiker laat my maag pyn. En die smagting na soetigheid word bevredig deur ‘n bietjie heuning en baie meer kakao by yoghurt te roer. Dis beter as ‘n tjoklit, veral as jy neute of muesli bysit.

    Heuning is nie jêm nie. Dis in ‘n kategorie van sy eie. In die Bybel is heuning in 97 van die honderd verse daaroor ‘n simbool van oorvloed, voorsiening, sukses.

    Die manna in die woestyn was wit soos koljandersaad en het gesmaak soos heuning-wafers. Ek sien God in Sy Groot Kombuis met tafels waarop die engele deeg uitrol.

    Heuning leer ons van balans en matigheid. Dit herinner ons dat jy moet proe wat jy eet – nie net insluk, afsluk, verorber en dik voel nie. Ons moet wat ons in ons mond sit, geniet, waardeer. Ons moet besin, die wonder van ons liggame en die natuur bedink.

    Heuning is duur en van die winkelheuning is gekook en bekook. Ons kan nie almal korwe hê nie. Juis oor dit skaars geword het, oor dit heerlik en gesond is, moet ons aanhou op die uitkyk wees daarvoor. Dit koop en ‘n paar rand minder op verfynde, verwerkte massaproduksie on-natuurgoed spandeer.

    Nie almal hou van heuning nie. Dit het ‘n unieke smaak. Maar dis soet, dis goed en die bye maak dit spesiaal vir ons.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.