More
    Home Afrikaans Lipstiek en sproei

    Lipstiek en sproei

    Mens kry goeie niese en slegte niese. Die skrywer Lise Beswick nies soos ‘n kampioen. Sy doen dit uitbundig en luidkeels, sodat ‘n ou tannie in die poskantoor al gelawe moes word en mense van die anderkant van die huis roep, “Bless you!” In hierdie wonderlike rubriek verduidelik sy hoekom.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Vir ‘n oomblik kan ek my lig en duisternis gelyk voorstel in ‘n ligskitterende ontploffing waarin honderdduisend aansteeklike kieme teen eenhonderd-en-sestig kilometer per uur vrygelaat word.

    Geen beheer is moontlik nie. Jy hyg verbouereerd, jou skrefiesoë traan, jou neus kriewel, jou hande beduie, jy snak en snik en dan knák jou kop, nek, lyf in ‘n onbeheerste ritteling van jou skelet! Terwyl hoendervel tintelend soos ‘n vlak brander oor jou lyf rol, weet jy ‘n nies skud jou waardigheid uit sy kas uit.

    ‘n Mens kan nie ‘n nies se besoek beplan of uitstel nie. Partykeer trek jy jou oë skrefies en kyk in die son of ‘n skerp lig en dan verdwyn dit ten spyte van die afwagting en los dit jou met ‘n stupid uitdrukking op jou gesig. Niemand lyk mooi terwyl hy wag vir ‘n nies nie. Sommiges word oorweldig soos die een wat sewentien keer agtermekaar by die Nuwejaarspartytjie die volgende jaar ingenies het. Vir party is dit gevaarlik, soos my sewe-en-negentig jarige ouma wat haarself ómgenies het. Of my pa wie se laser-herstelde retinas kon skeur as hy sy nies sou onderdruk.

    Party mense nies mos ‘nts nts’ soos ‘n muis of ‘n klein katjie. My eie kind nies so in die skool, want dit raas, almal kyk om en wat as sy nie ‘n tissue het nie. Ek nies uitbundig, want ek wil nie ‘n aar in my kop bars nie en om die lansering of projektering van spoegdruppels, dunner as haarbreedte teen 160km/h te blokkeer, klink te gevaarlik.

    Natuurlik skrik mense groot. In die poskantoor moes hul ‘n ou tannie voor my na my hewige nies lawe en in die skool skrik die kinders hulle uit hul konsentrasie uit. Maar dis ook ‘n saak van geaardheid of persoonlikheid.

    Ek lees nou die dag Annelie Botes se storie in Van Alle Kante waar sy vertel van haar groot nies deur ‘n oop venster in Engeland wat ‘n hele park mense laat skater het. Terwyl ek die stuk lees, snotter snater snik en kraai ek so van die lag dat ek vir niemand kan sê hoekom ek so lag nie. Uitasem weet ek ‘n nies kan nie ongemerk verby gaan nie.

    Party vier die oomblik, ander onderdruk dit. As ek in my slaapkamer nies, hoor my dogter in die kamer langsaan hoe die huurders langs haar roep, “Bless you!” My dogter aan die anderkant gee ook haar seën waar sy voor haar rekenaar sit en werk.

    So weerklink ‘aaaatiesjoe’ en ‘seën’ en skaterlag daar waar ‘n nies hom aankondig. Ek sukkel om kieme en Covid en dood daarmee te verbind.

    Selfs die Bybel praat in ‘n sekere vertaling in Job 41:18 hoe die gedierte nies dat die lig skitter. Dis ‘n kortsluiting wat ons daaraan herinner dat ons nie altyd honderd persent in beheer kan wees nie en dat ons onsself nie te ernstig moet opneem nie.

    Verbeel jou miss Universe nies nes hulle die kroon opsit.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.