More
    Home Afrikaans Kunssinnige kinders

    Kunssinnige kinders

    Wat maak mens as die nuutste tennisrakette in jou huis so oud is dat Sem, Gam en Jafet daarmee kon geoefen het, peins die skrywer Lise Beswick. Sy wonder of mens jou kop in skaamte moet laat sak? Of moet mens eerder jubel oor al die maniere waarop die meetsnoere reg geval het vir jou kinders?

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Wat maak jy as die nuutste tennisrakette in jou huis, dié met die houtrame is. Waarmee Sem, Gam en Jafet dalk geoefen het. Sak jy jou kop in skaamte, omdat al wat jy met die kinders gedoen het, knip, plak, verf, kleispeel en stories lees, was? Omdat die naaste aan ‘n tennisbal, die lemoene was wat jy vir hulle gerol het?

    Omdat boomklim en huisie-bou soos ‘n tweede kindertyd vir jou was en jy wou seker maak grond, sand en water is aan hulle bekend soos die abc? Modder, bou, plant en grawe was iets waarna ons elke dag uitgesien het.

    Natuurlik was al drie nie gelyktydig klein nie. Die oudste sou Einstein en Michaelangelo wees, nooit haar snozzies eet of ander kinders byt nie. Sy het nie gebyt nie. Sy het met Tchaikovsky se 1812 Overture aan die slaap geraak. Nie uit opvoedkundige oorwegings nie, maar uit radeloosheid vir die klein mensie wat lyk of sy soos ‘n opwenpoppie met batterye gewerk het en nooit voor elfuur gaan slaap het nie.

    Die sussie was stiller, maar sou snags doodrustig op haar eie met haar poppe sit en speel. Haar verjaarsdag present was nie soos met die eerste sussie ‘n duur cookiejar van ‘n bekende pottebakkersvriend nie. Ook nie ‘n keurig versierde koek deur sy ewe bekende seun nie. Bloot ‘n plaatkoek van ‘n bekende supermark.

    Met laatlam suster nommer drie se eerste verjaarsdag het hulle ‘n bal gekry om mee te speel, terwyl die ma’s teedrink.

    ‘n Mens se kinders verskil so baie dat jy nie kan glo hulle het dieselfde pa en ma gehad nie. Jy sê: “Ons het hulle dieselfde grootgemaak!” Die geleerdes sê: “Jy moet juis nie.”

    Al die foute van jou ma wat jy wou regmaak, het jy oor gemaak. Jy lê wakker en dink aan die keer toe die een amper haar toon met die matmes afgesny het, die keer toe die plank wat die gordyn op die vensterbank moes vashou, op die ander een se kop geval het, die keer toe die kleinste tot by haar kop in die eetstoeltjie afgegly het en daar gehang het.

    Dan is jy dankbaar vir hoe wonderlik hulle uitgedraai. Alle kinders en huishoudings is verskillend en tog dieselfde. Almal het stories wat jou hare laat reis, vertellings wat jou trane van dankbaarheid gee.

    Dan gee jy nie om vir die een wat ‘n heining met blou en oranje olieverf op die houtvloer om haar bed geverf het nie. Vir die graffiti teen die mure, vir die baie boeke en DVD’s wat die kamers na ‘n kombinasie van ‘n biblioteek/winkel/garage sale laat lyk nie.

    Jy is dankbaar vir die wonderlike mense wat hul is. Al is gordyne, small talk en colour-coded meubels nie vir hul belangrik nie. Al het jy die haarkoeke kleintyd met ‘n skêr uitgeknip en die enigste reël was dat hulle niemand mag seermaak nie.

    Hulle het goeie musieksmaak, lees baie, maak lekker kos en skinder van niemand nie.

    As ons lekker gesels of saam eet, of stories deel, voel ek ek hét hul uitgebroei, hul het die stampe en stote van die lewe goed verwerk, hulle weet wie hulle is en hul menswees is mooi.

    En dit is tog wat ‘n mens vir jou kind wil hê.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.