More
    Home Afrikaans Kabels, krummels en oop toiletklappe

    Kabels, krummels en oop toiletklappe

    Haar man is so mooi soos ‘n Griekse god, skryf Lise Beswick. Sy besing sy pluspunte. Sy sonbruin vel en breë skouers, vermoë om die huis vol USB kabels te strooi, en onvermoë om goed soos leë toiletrolle op te tel. Sy besing liefde, in al sy fasette.

    Rubriekskrywer en Afrikaanse onnie Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Ek kan nie verstaan dat my man nie vir almal so mooi is soos wat hy vir my is nie. Nou die dag vra ‘n kennis my hoe dit gaan en net toe ek antwoord dat ek ‘toe weer getroud is’, kom die Griekse god, sonbril op sy kaalgeskeerde kop, breë skouers, bruin gebrand, die winkel in. “Daar’s hy! Is hy nie stunning nie!” En sy antwoord, ongeërg: “As jy so sê.”

    Kortasem van verontwaardiging stap ek na my man toe. Dat sy ‘n vriendin van die eks is, het gemaak dat ek die reaksie kon verstaan. Maar sweerlik, kon sy nie síén nie?

    Gelukkig is ‘n mens se éie man vir jou mooi. Die sagte kyk in sy oë, die manier hoe hy stap, sy mooi hande…daar is verskeie dinge wat hom vir jou spesiaal maak.

    Die misterie van die aantrekking neem toe as ek dink hoe die slaapkamer en woonkamer in ‘n intensiewe sorg-eenheid verander het wat kabels betref – foonlaaiers, laptop, bedlamp, waaier, speaker USB-kabels. Die dierbare jagter wat ver en fyn gekyk het om dié prooi raak te sien, maar wat die melk in die yskas reg voor hom miskyk.

    Hy kan hamers swaai, mure uitslaan, ‘n diep gat spit, maar kan nie leë sigaretboksies, ou inkopie kwitansies of leë toiletrolle optel nie. Hy kan in ‘n sekonde ‘n bewegende verbygaande lid van die vroulike spesie opsom en evalueer, maar nie die vol vuilgoedsak waaroor almal struikel raaksien nie. Krummels en die broodsakkie se plastiek seëlring is net so swaar soos die toiletklap. Neushare soos fairylights, stukkende T-shirts, stoppelbaard weeg lig teen sy diep stem, warm glimlag, opregte druk. Ek verander in ‘n kat wat strek, sagte klei, warm sjokoladesous as sy manlikheid en my liefde meng.

    Ek het gedink mans is bonatuurlik, bo-menslik. Kan als, verstaan als, weet als. Miskien is dit oor hoe my ouers die rolle vertolk het. Hartstog en jaloesie in vuurspuwende oomblikke. Elizabeth Taylor en Richard Burton in ons eie huis. Ten spyte daarvan het die Beauty and the Beast vertolking my droom gebly. Die dapper vrou en die sagte ongedierte. Mans is on-gediertes, want as hul gediertes was, sou die aantrekking nie daar gewees het nie. Hul wil vang, maar nie om seer te maak nie. Ek wil tem.

    Die spel is so oud soos die berge, so vars soos bloed. Al is hy my koning, my ridder met ‘n vuil T-shirt op die wit perd, ek is die prinses wat weet, my man is net ‘n mens.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.