More
    Home Afrikaans Hond se gedagtes

    Hond se gedagtes

    Sy moet glad nie honde hê nie, skryf Lise Beswick. Sy noem ‘n klomp redes op wat dalk kon veroorsaak het dat ‘n vierpoot haar kinders se boeke en Bybels geëet het asof hulle Smarties was. Nog ‘n lekkerlees-rubriek van ‘n ongewone honde fluisteraar…


    Ek moet glad nie honde hê nie. ‘n Hondemens is streng, in beheer, konsekwent.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Ek praat so bedagsaam met hulle, jy sou sweer ek is bang hulle neem aanstoot. Cesar Milan sê ‘n hond weet eintlik niks van vertroetel word nie. Dis oefening, aandag, dissipline, kos.

    ‘n Hond is jou beste vriend. Dêm morsige vriend, sou ek sê. Dis hare, gwelle, vuil komberse en stukke bene. Iemand het gesê honde het eienaars, katte het personeel.

    Nou dan het ek die twee verwar. My katte eis minder instandhouding as die blaffende, woedende, aandagsoekende honde.

    Die hondeboek sê ook as ‘n hond nie doodseker is jy is die pack-leader nie, verander hy in ‘n senutergende verwarde grens-toetsende limiet-soekende uitdagende roekelose skepsel.

    Omdat hy jou gedagtes kan lees en jou gemoed kan analiseer, is dit lewensnoodsaaklik dat jy gelukkig, kalm en in beheer van jouself, jou lewe en jou omgewing sal wees.

    Nou verstaan ek hoekom Zak die “Swiss family Robinson”, “Heidi” en drie Bybels opgeëet het toe my kinders klein was. Iemand het my geroep en gesê bassets is onopvoedbaar toe ek soos ‘n vlag agter drie van hulle aangewapper het op die strand. So, die probleem het nie net van my kant af gekom nie.

    My honde-gedrag het intussen verbeter. Almal slaap nie meer op die bed nie, niemand kry kos onder die tafel nie – en ek ignoreer hulle vir die eerste halfuur as ek die huis inkom. Blykbaar is dit vir ‘n hond verstommend belaglik as jy met hom koetsji-koetsji praat. Maar dit was dan juis waarvoor ek ‘n hond wou gehad het.

    Ons het almal hondestories. Êrens het een van die familie per ongeluk oor die geliefde hond gery, of het ‘n hond homself aan sy leiband opgehang, of teen ‘n mooi meisie se strandsak sy been gelig, of die bure se hoender gevang of ‘n slang doodgebyt.

    As ek kyk met watter geloofsvertroue my hond wat so groot soos ‘n toiletborsel is, voordeur toe storm, verwonder ek my. Sien sy regtig kans vir wie of wat ookal aan die ander kant van die deur staan?

    Honde dinamika sien ek by mense ook. Is die veiligheidshek toe, blaf hulle vir dood. Loop hul saam met ons aan die leiband, is hul rustig. Agter die hek het hulle ‘n agterstand. Voor die hek is hulle vry om te baklei. Wanneer mense voel hul word benadeel, baklei hulle.

    ‘n Mens moet mense en honde baie dieselfde behandel. Ignoreer negatiewe gedrag, beloon die goeie. Tree dadelik op – ‘n hond weet nie vyf minute later waaroor jy skel nie. Bepaal die atmosfeer en almal kalmeer. Hou by jou reëls, doen jou oefening….en streel mekaar gereeld.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.