More
    Home Afrikaans Ek Moet Bieg Gerook, gedrink, gerangskik

    Gerook, gedrink, gerangskik

    In hierdie liriese essay skryf Lise Beswick oor ‘n boom wat so groot is dat jy hom van die maan kan sien en blare wat kraak soos pakkies chips as jy oor hulle loop.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Dis wat ons met blare doen. Ons gebruik hul in bobotie, tee, rookgoed, medisyne en rangskikkings.

    Maar hulle is so ryklik móói. Toe ek met ‘n migraine buite op die wegsak bank onder die groot boom gaan sit, waar bougainvilla, grenedella, makadamia, pisimmon en peperboom soos ‘n groen sambreel-legkaart in mekaar en teen mekaar vasgroei, moes ek instinktief geweet het groen lig help. In Brittanje het een of ander mediese skool bevind dat groen lig migraine-pyn met twintig persent verminder. Hulle wil nou bekostigbare sonbrille maak wat alle lig, behalwe die smal baan suiwer groen lig, blokkeer.

    As ek aan die Paradys dink, sien ek reusagtige blink blare in skakerings van groen. Dit het seker nie soos die woude in die Amasone gelyk nie, maar die sagtheid van groen op die oog en die manier hoe dit jou gemoed versadig, is in lyn met die idee van ‘n volmaakte toestand.

    Tot die vyeblare dit moes ontgeld. Ek wonder wat hulle vir garing gebruik het. Was daar pendorings van die Akasia-familie vir naalde? En soos met blare, het die tydelike versiering of bedekking seker verdroog en begin krap.

    Dat God Hom so met die menslike toestand vereenselwig het, dat Hy nie omgegee het om self naaldwerk te doen nie, is ‘n fassinerende gedagte. Maar die keer met materiaal, met vel. Dit staan so in die Bybel, Genesis drie vers een-en-twintig.

    Blare was van die begin af belangrik en noodsaaklik. Nie net vir sywurms, koeie, in slaai en vir klere nie, maar vir die sagtheid op die oog, vir rus, vrede en skaduwee.

    Blare is die boom se handpalms wat vir my waai. Hul is skoon soos glas, ferm soos papier en ruik soos die grond se groei-parfuum. ‘n Mens kan hul knak en seermaak, of hul are vryf soos op jong sterk hande. Hulle trek die boom aan volgens hul smaak en los hom soms poedelkaal in die yskoue winter. Die modelle met hulle interessant stamme en takke soos arms en vingers in allerhande posisies gebuig, staan geduldig, skaamteloos, tot die eerste lemmetjiegroen blaartjies die bruin ledemate versag. Die kaal bome lyk nie soos geraamtes waar jy elke gewrig, patella en femur afgeëts sien nie. Hulle lyk soos ballerinas wat wag vir die musiek om te begin.

    Die pekanneutboom, wat my buurvrou sê jy van die maan af kan sien, so groot is hy, se blare lê skoendiep die hele erf vol en kraak soos honderde pakkies chips as jy daarop loop. Die blare het vrolik in ligte rukwinde in die lug gespeel voor hul leweloos gaan lê het. Hul laaste verbinding met hoogte en lewe.

    Nou gee hul lewe. Voed die grond en laat ‘n mens met kinderlike vreugde hope handevol in die lug opgooi of voete speel-sleep of net lag oor die baie nuwe lewe in verlies en verandering.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Medical aid: Eish!

    Medical aids. Don't talk to her about them! So complains a reader of The Grotto, who is battling her medical aid at this very moment.

    Poem

    Mia Valodia Wessels van Zijl invariably transports readers to a more poetic reality.

    Kaiings in Kaboel

    Die digter-sjef Zane Beswick het 'n heerlike artikel geskryf oor die Kaboem-maaltyd wat hy in Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, moes maak.

    Errieda du Toit se knievrye witbrood in ‘n gietysterpan

    Errieda du Toit‘n Brood en ‘n baie spesiale bord.Die herdenkingsbord het ek in 1998 vir my Ma...

    Taal lawwigheid: Snuf in die neus kry

    Dis glo reg om te sê "Die snuf in die neus kry" eerder as "snuf in die neus kry." Ek sou verskil daarmee. Ek los altyd 'die' uit en dink dit klink beter so vir my.

    Gerook, gedrink, gerangskik

    In hierdie liriese essay skryf Lise Beswick oor 'n boom wat so groot is dat jy hom van die maan kan sien en blare wat kraak soos pakkies chips as jy oor hulle loop.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.