More
    Home Afrikaans Geraas op die plaas

    Geraas op die plaas

    Zane Beswick is ‘n sjef en boer en digter. Hy is die eienaar van die Schwarma Shack op Robertson en het uitgebreide werksondervindig, onder meer in die Hotel Camelot in Afghanistan. Zane beskryf homself as volg: “Ek behoort nêrens en ek behoort orals. Ek leef vir die oomblik en ek leef vir die ewigheid.”

    Die voëls ontwaak my, ek’s skoon duister,
    deur my venster is dit sonstrale wat fluister
    Lente kom klop aan my deur
    struike en blomme oorheers die geur
    Die patryse skreeu in die bosse
    die kolganse skel op die osse

    Koffie! is my binneste se roep
    Melk! sê die Kat op die stoep
    Alles is nat van die oggend dou
    tussen die kranse roep ‘n Piet-my-vrou
    ‘n Suikerbekkie suig aan die aalwyne
    verjaag deur ‘n mannetjie, want dis syne
    ‘n Toktokkie lê op sy rug
    Hoe het dit nou gebeur, is sy sug

    Salig sleep ek die rusbank nader
    Kyk oor die berge, sê dankie Vader
    Soggens se vrolikheid in die natuur
    Is maar so eie, sy manier

    Latest

    Medical aid: Eish!

    Medical aids. Don't talk to her about them! So complains a reader of The Grotto, who is battling her medical aid at this very moment.

    Poem

    Mia Valodia Wessels van Zijl invariably transports readers to a more poetic reality.

    Kaiings in Kaboel

    Die digter-sjef Zane Beswick het 'n heerlike artikel geskryf oor die Kaboem-maaltyd wat hy in Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, moes maak.

    Errieda du Toit se knievrye witbrood in ‘n gietysterpan

    Errieda du Toit‘n Brood en ‘n baie spesiale bord.Die herdenkingsbord het ek in 1998 vir my Ma...

    Taal lawwigheid: Snuf in die neus kry

    Dis glo reg om te sê "Die snuf in die neus kry" eerder as "snuf in die neus kry." Ek sou verskil daarmee. Ek los altyd 'die' uit en dink dit klink beter so vir my.

    Gerook, gedrink, gerangskik

    In hierdie liriese essay skryf Lise Beswick oor 'n boom wat so groot is dat jy hom van die maan kan sien en blare wat kraak soos pakkies chips as jy oor hulle loop.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.