More
    Home Afrikaans Ek Moet Bieg Flintstones en feeste

    Flintstones en feeste

    Elmboë en ongerief. Dis waaraan tafels my laat dink,” skryf Lise Beswick. Maar eintlik jok sy. Want tafels laat haar duidelik aan baie meer dink, soos wat hierdie heerlike, en ook diep, rubriek wys.

    Elmboë en ongerief. Dis waaraan tafels my laat dink. G’n hegte families of goeie samesyn nie. Om met my ken in die mik van my handpalm met elmboë op die tafel, ‘n gesprek te volg, is knus en voedsaam. Maar om kierts te sit terwyl die ure teen jou rugwerwels aftik, omdat die geselskap nie vloei nie en die stoel te regop is, is byna onuithoudbaar.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    In sogenaamde primitiewe kulture is kinders deur raaisels en verhale om die vuur opgevoed. Die etenstafel het soortvan die plek van die vuur ingeneem. Henry Wadsworth Longfellow het gesê a single conversation across the table with a wise man is better than ten years mere study of books.

    Maar ek weet darem nie.

    Van die grootste familiegevegte het om die tafel ontstaan. Dikwels met Kersfees of tye wat groot druk op verhoudinge sit. Want formaliteite en tradisies kan boustene wees, maar ook partykeer klippe wat opregtheid toepak.

    ‘n Formeel gedekte tafel is vir my rigied en onpersoonlik. Maak nie saak hoeveel briefietjies en blommetjies daar is nie. Die struktuur onderdruk partykeer die spontaniteit.

    Selfs kinderpartytjies verstaan ek nie – die waar elkeen op sy eilandjie gaan sit met sy boksie. ‘n Kinderpartytjie kan van die waardevolste byeenkomste in ‘n kind se lewe wees. Vuurmaak en neutedoppe stukkend kap, self koek inskep of koeldrank skink, boomklim en marshmallows braai, roomys eet en bunnylicks suig – alles deurmekaar. Soos hulle daarvoor lus is. Self besluit, met die huisma wat ondersteunend rondbeweeg.

    Natuurlik is daar ‘n groter gemors, maar die vreugde op die gesiggies, die gesprekke en planne wys hoe hulle dink en besluite neem.

    Die tafel is ‘n kollektiewe punt. Sit ‘n tafel in ‘n leë vertrek. Dis nie ‘n halwe dag nie en dis volgepak met allerhande goed wat jy nie weet waar hul so skielik vandaan kom nie. Amper soos die bus op ‘n grondpad in Botswana tussen nêrens en êrens. Wanneer die bus op die vlak stilhou, is daar niemand nie. Binne minute is sitplekke en staanplekke so vol dat die passasiers se handbagasie jou wang skeefdruk.

    Dit wat om die tafel gebeur is emosioneel en fisies voedsaam – daarom dat die etenstafel so belangrik is. Selfs in die Bybel word gesê daar word vir ons ‘n feesmaal voorberei. Ek wonder of dit glas en kandelare gaan wees of hout en metaal. Ek hou van brood en borde op die kaal hout, dan voel ek na-aan die natuur en die natuurlike.

    Miskien was Flintstone my oupa, is die onherbergsame en ruwe dinge in my bloed, miskien hunker ek na houtwiele en knuppels, tye wat alles stadiger gegaan het. Wie weet. Maar net so sleg soos dit is om langs ‘n tafel te sit wat wikkel , is dit om regop te sit met oë wat uitpeul en wange wat kramp van konsentrasie.

    Gee my ‘n tafel, maar gee my Wilna Flintstone se tafeldoek.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.