More
    Home Afrikaans Ek Moet Bieg Ek ruik 'n rot

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is ‘n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy’t ‘n foto van sy tonnel in die grond geneem. Is dit ‘n vriend of vyand? Sy wens sy’t ‘n hoender-tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Die geheimsinnige tonnel laat Lise Beswick soek na ‘n hoender-tolk. Foto: Lise Beswick

    ‘n Donker, ronde opening, so groot soos ‘n vlak bruin teekoppie, tonnel donker in die hoek van my half toegerankte hoenderhok af.

    Ek deins terug, verwag dat die Loch Ness Monster of ‘n swart mamba enige oomblik daar gaan uitskiet. Ek leun versigtig vorentoe en sien ‘n donker uitgang dieper die tonnel in na die regterkant.

    Hoe grillerig is dit om te weet onder jou voete, daar waar jy in jou tuin of op plaveisel loop, lewe knaagdiere, slange, insekte of spinnekoppe in hul eie ondergrondse netwerke.

    Vroegoggend wil ek met gumbootse en ‘n koplig in die donker hoenderhok gaan sit om te kyk watter gedierte uit die gat kruip.

    Wat my ontstel, is dat die hoenders naby die gat, wat ek met ‘n stuk plaat toegepak het, vergader. Enige een wat die animasie film “Chicken Run” gesien het, weet rotte kan onderhandel. Hulle is slim diere wat, volgens ‘n wetenskaplike bron, selfs sekere emosies kan ervaar of identifiseer.

    Dit help ook nie dat ek met witmuise grootgeword het en my kinders op ‘n stadium elkeen ‘n mak rot gehad het nie.
    Hulle is liewe, intelligente diertjies.

    Ek is oor die ergste vrees vir dit wat in die tonnel mag skuil. My bekommernis is nou hoe raak ek van hul ontslae. Ek wil nie my hoenders se eiers met hul deel nie, maar ek kan nie water in die gat afspuit of skywe uie sit om hul dood te maak nie. Wat as daar babatjies is?

    My hoenders lê so swak op die oomblik , dat ek vermoed die rotte het dalk die eiers geëet – maar dan sou daar tog doppe gelê het, óf hul woon daar omdat hulle elke dag mielies en afvalkos kry.

    Om vir diere kos te gee, is uiters bevredigend. Rooiskil appels, liggroen seldery, helder oranje wortels, kropslaai op ‘n slaaibord vir die marmot, groenskil appel vir die skilpad, saadjies vir die budgie, opgesnyde hart, longe, lewer en derms vir die honde – en ag, die hoenders is sulke dankbare eters.

    Ek hoop hul kan hulself verdedig teen die indringers. Die gat is nou eers weer toegemaak met ‘n sementblok bo-op, (vir my eie troos), maar ek sien reeds vars grond voor die blok lê.

    Met gemengde gevoelens van angs en omgee, stap ek na die hoenderhok. Ek trap versigtig, want as jy “Flushed Away” gesien het met die meesterlike rioolwerke, sluise en ondergrondse kanale, dan weet jy nie wanneer word jy ingesluk in ‘n verbeeldingswêreld soos ‘n Alice in Wonderland nie.

    Waarheid of fiksie – die diere koninkryk is groot en geheimsinnig. Ek hoor hoe my hoenders gesels. . .

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Volgende belê ek in ‘n hoender-tolk. Dan sal ek al die antwoorde op my onsekerhede kry.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.