More
    Home Afrikaans Die swerm voëls

    Die swerm voëls

    In hierdie aangrypende rubriek dink woordvrou Lise Beswick na oor lockdown. Oor die pyn, maar ook oor hoe dit ons laat bid-praat-glo-vra-wonder, en ‘n nuwe harmonie skep.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Ek staan voor die gasplek in die son en wag. Die somerson is nou ‘n herfsson en ek wil bak soos ‘n brood in die oond.

    My oog vang ‘n swerm voëls teen die koelblou lug. As hul een kant toe vlieg, flits hul vlerke – skyn wit in die son. As hul swenk, is hul donker en verdwyn amper teen die grysblou agtergrond van die berg. Hul swenk en flits, swenk en flits – beweeg sonder om te praat of teen mekaar te bots. Hul hou hul afstand van mekaar en vloei in absolute eenheid.

    Ek staan gehipnotiseerd en kyk soos ‘n mens na die branders kyk. Dit voel of hulle my lyf saamtrek – diekant toe daaikant toe – hul sirkel min of meer op dieselfde plek en raak nou en dan weg agter die groot dak van die industriële gebou.

    Die titel van een van die Australiese skrywer, Bryce Courtenay, se boeke kom by my op: “The power of one”. Die woorde in die titel resoneer met my binneste. Ek het nie die boek gelees nie. Maar ek dink oor die krag wat in ons is, die sterkte as dit om oorlewing gaan, die krag waar daar eenheid is.

    Partykeer lock ons onsself in. Dis lekker en jy voel veilig. Met ‘n boek in ‘n veilige ruimte ontsnap jy in die wye, interessante, ongelooflike vry ruimtes van jou verbeelding. Geen film of foto of woorde kan presies die wonder van jou verbeeldingswêreld vaslê nie.

    Maar dan het John Donne ‘n waar ding gesê: “No man is an island entire of itself, every man is a piece of the continent, a part of the main.” Maar agter die Covid-masker en met die veilige afstand en met foto’s van kindertjies wat op ‘n teerblad by ‘n skool elkeen in sy eie getekende vierkant, meters van mekaar moet ‘speel’, begin ‘n mens voel soos ‘n eiland.

    En ons is elkeen ‘n eiland. Genoegsaam in ons self. Vir ‘n ruk. Maar om alleen te wees, is nie vir almal ewe maklik nie. En wat beteken ‘alleen” – sonder man of vrou, sonder kleinkinders, sonder vriende?

    In ‘n krisis verander patrone van optrede. Óf almal skarrel, of dink dieper gedagtes, bely, kontak mense met wie hul lank nie gepraat het het nie, selfsugtige mense dink skielik aan ander, onselfsugtige mense verloor hulself in diensbaarheid – óf mense onttrek hulself van almal, verval in selfbejammering, self-vergrype, angs – gemaksones.

    In die Spaanse letterkunde is daar eenvoudige gediggies wat in die volksmond ontstaan het, maar wat groot waarhede bevat. Uys Krige het van hulle vertaal. En dié een vertel van ‘n dinamika waarvan ons in dié tyd ook hoor.

    Wie kraai dan koning?

    Elf henne en ‘n haan,
    hoe goed kom hul nie klaar.
    Maar één man en één vrou,
    en als raak deurmekaar.

    Die ingeperktheid en vreemde reëls wat nagekom moet word, gee eintlik vir ons die geleentheid om onsself en mekaar beter te leer ken.

    In sommige lande is daar totale vryheid wat verkeersreëls betref. Duisende motors ry ongestruktureerd in enige rigting, in enige baan. Almal toet gedurig en al die voertuie is gestamp.

    Hierdie chaotiese vryheid is in teenstelling met die oënskynlik moeitelose en speelse; dog sterk gestruktureerde manier waarop die voëls beweeg.

    Achmat Dangor skryf in 1983:

    “Soweto brand vandag
    gie my ‘n skyf
    van jou sigaret
    wat jy so wegstiek
    in jou gloeiende hand,
    O liefling, kom loep saam
    ek is koud, en soe alleen
    kom, die wille water
    maak my bang

    Die onbekende, onvoorspelbare situasie waarin ons is, maak ons partykeer bang. Maar ons skerpgeit, ons taal en humor, ons geloof en dáár wees vir mekaar, maak dat ons so ‘n bietjie soos die voëls beweeg. Ons is besig – besig om op te ruim, af te stof, te bid-praat-glo-vra-wonder-bevraagteken. Ons swenk diekant toe daaikant toe vang die son die lig en geniet, ten spyte van alles, ‘n nuwe harmonie so onverklaarbaar soos dié van die swerm voëls.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.