More
    Home Afrikaans Die leë houer-sindroom

    Die leë houer-sindroom

    Deur Lise Beswick.

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Llise Beswick. Foto: Verskaf

    Ek wil kwaai wees. Nie kwaad nie, kwaai. Streng.

    Daar is mense wie se man, kinders, honde en huishulpe vir hulle soos ‘n sweepslag gehoorsaam. Presies doen wat hulle sê.

    Ek voel so niemand. Niks. Ek staan verstom as iemand my herken of onthou. As mense na my luister. Kinders my gehoorsaam. Want wie is ek. Wat is ek. ‘n Leë houer. Onsigbaar. Deurskynend.

    Hoe kan ek iemand word. Wat die lewe reg lewe. Reg aantrek, reg praat, reg kinders grootmaak, reg huishou. My bed is nog láát deurmekaar, die honde lê op die bank, die kat op die wasgoed. Die huurders klap die dominoes terwyl hul kleintongetjie-diep skater en ek kan vergeet van bietjie in die middag indut.

    Wat ek nie verstaan nie, is dat ‘n mens moet besluit wat jy dink. Jy moet jou denke beheer. Jy moet jou brein beheer. Maar jou brein beheer jou brein. Jou brein is wie jy is. So hoe beheer jy jou brein as jou brein jou brein beheer?

    Ek is eenvlakkig soos ‘n animasie-skets. My diepste ervarings sal ek met enige een deel. Ek onthou die gesprek met die vrou met die mooi rok en sambreel voor die fietswinkel in Gabarone. Die vrou met die onderhoud- probleme in die lang ry voor Capitec. Die hartseer vrou wat gespanne rook agter die muur by die landdroskantoor. Mense met oop gordyne. Ek praat met hulle wat wil weet. Ek wil ook weet.

    Party wil nie hoor nie, soek nie wat saakmaak nie.

    Opregtheid is makliker teenoor vreemde mense. Hulle gaan nie oordeel nie. Hul is emosioneel objektief. Deel inligting wat menswees vorm.

    Ek praat nie van mense wat simpatie soek nie. Kla, moan, ongeleefde kamma-waarhede preek nie. Teenoor hulle slaan ‘n dik asprisgeit by my uit. Moenie met my met woorde mors nie.

    As ek kwaai was, sou die nuttelose nutsman van die parkie oorkant Spar nie in my buitekamer beland het nie. Sou die sendeling se voortandlose meisie met haar Herberg-kinders en matriekdogter met ‘n baba met onuitspreeklike naam nie by my huisvesting gevind het nie, sou ek nie ure op die bus na Malawi op iemand anders se sitplek by die toiletdeur waar die chemicals vir solids nie werk nie, gesit het nie, sou die man wat ek vertrou het nie met my motor weggery het nie.

    As ek kwaai was, sou mense nie gewaag het om vir my te jok nie. Sou ek nie mense gehuisves het vir wie ek in die tronk moes gaan kuier nie.

    Ek sou ryk gewees het.

    Maar sou ek? Sou ek geweet het van die tronkdeure se sleutels so groot soos skoenboksdeksels, dat mense op ‘n bus ongelooflik baie toilet toe gaan, dat alle mense stories het om te vertel? Sou ek geweet het hoe lekker dit is om op ‘n fiets in die sonsondergang in te ry. Sou ek soveel stories gehad het om te vertel.

    Want kwaai mense bepaal streng hul gemaksones. Niemand-mense ploeter deur modder en help dra ander se bagasie. Kwaai mense het reëls. Niemand-mense kyk net dat niemand seerkry nie.

    Ek is my eie kind wat teen my reëls rebelleer. In opstand kom. My eie heerskappy ongedaan maak.

    Ek is my eie kind. Met die leë houer – met die kaleidoskoop skerm.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.