More

    Die grond is brak

    Die digter-sjef Zane Beswick skryf hier oor een van sy groot liefdes. Plaaslewe. Beswick se gedig beeld ‘n gemengde bredie uit: viooltjies, gemsbokke, soutwater en gelatenheid.  

    Zane Beswick. Foto: Verskaf


    Die grond is brak, Meneer. Die weiding is swak o Heer.
    Wanneer die wind hier kom
    val die bome om.
    Die water is sout
    en winters bitter koud.
    Maar as ek hier sou wil dwaal
    moet julle my op die koppie kom haal.
    Daar is die uitsig so mooi
    eendag sal ek julle nooi
    Die grond is brak, Meneer.
    Die weiding is swak, o Heer.
    Hier waar die sout op die aarde wit sit
    word jy verskoon as jy heeldag op jou gat sit.
    Hier is die weiding skraal
    tot die vee sal verdwaal.
    Om en om op soek na gras
    kry hy net stof of gebrande as.

    Die grond is brak, Meneer.
    Die weiding is swak, o Heer.
    Die son het kom groet en bietjie uitgesteek
    Ai, die ontydelike seisoene is wat ons verneuk
    Die reën maak hierdie wêreld nat
    In die modder trek die pale plat
    Meneer, die vee val vas waar hulle wei
    Die stof het verander na klei
    Dankie O Heer vir hierdie reën
    Enige tyd is dit ‘n seën
    Die grond is brak, Meneer.
    Die weiding is swak, o Heer.
    Die seldsame blomme waai heen en weer
    dis die wind wat hulle vandag beheer.
    Doer op die koppie speel klipspringers
    tussen die viooltjies se pienk fingers
    Voor my loop ‘n seldsame springbok
    Op die rand draf ‘n verwarde gemsbok
    Soos opslag verdwyn onder ‘n verwoede heg
    Suig die droë lug die water weg
    Soos lentevygies in koningskleed
    so is die somerson bitter wreed
    Vroeg, wanneer net die hoenders kraai
    Is die tyd wanneer die wind nie waai.

    Zane Beswick is ‘n sjef en boer en digter. Hy is die eienaar van die Schwarma Shack op Robertson en het uitgebreide werksondervindig, onder meer in die Hotel Camelot in Afghanistan. Zane beskryf homself as volg: “Ek behoort nêrens en ek behoort orals. Ek leef vir die oomblik en ek leef vir die ewigheid.”

    Latest

    Medical aid: Eish!

    Medical aids. Don't talk to her about them! So complains a reader of The Grotto, who is battling her medical aid at this very moment.

    Poem

    Mia Valodia Wessels van Zijl invariably transports readers to a more poetic reality.

    Kaiings in Kaboel

    Die digter-sjef Zane Beswick het 'n heerlike artikel geskryf oor die Kaboem-maaltyd wat hy in Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, moes maak.

    Errieda du Toit se knievrye witbrood in ‘n gietysterpan

    Errieda du Toit‘n Brood en ‘n baie spesiale bord.Die herdenkingsbord het ek in 1998 vir my Ma...

    Taal lawwigheid: Snuf in die neus kry

    Dis glo reg om te sê "Die snuf in die neus kry" eerder as "snuf in die neus kry." Ek sou verskil daarmee. Ek los altyd 'die' uit en dink dit klink beter so vir my.

    Gerook, gedrink, gerangskik

    In hierdie liriese essay skryf Lise Beswick oor 'n boom wat so groot is dat jy hom van die maan kan sien en blare wat kraak soos pakkies chips as jy oor hulle loop.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.