More
    Home Afrikaans Boererate is basies belangrik

    Boererate is basies belangrik

    “Sal jy vir enige een vertel jy slaap al ‘n week met drie aartappels in jou bed – vir die knie en heup wat so pyn?” vra Lise Beswick in hierdie heerlike artikel.

    Berus boererate op bygelowe? Is dit laf? Outyds? Sal jy vir enige een vertel jy slaap al ‘n week met drie aartappels in jou bed – vir die knie en heup wat so pyn?

    Boererate het ontstaan in tye toe dokters nie beskikbaar was nie en mense self hul kwale moes genees. As ‘n mens desperaat was, ‘n dokter ver – dan moes jy ‘n deeglike kennis van plante en jou omgewing begin opbou het. Al die geneesmiddele is daar – sonder newe-effekte en chemikalieë en gratis daarby. En as dit nie sou werk nie, sou dit nie die toets van die tyd deurstaan het nie.

    Of oumas nou nog vratte na die maan blaas nadat hulle dit met ‘n deurgesnyde aartappel gesmeer het of piepie op karkaatjies smeer, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat my vratte kleintyd onverklaarbaar verdwyn het. En dat ek onlangs rustig op my linkersy met die knie en heup, deurgeslaap het.

    Ek lees dat rou aartappel ontsteking teëwerk en bloedsomloop bevorder.

    Aartappel is nie net jou lyf goedgesind nie, ‘n blokkie rou aartappel in jou twaksak hou ook jou tabak klam.

    Mense wil pyn vinnig weghê. Met boererate moet jy geduld hê. Al hoe meer mense volg die natuur se manier – omdat daar al hoe meer wetenskaplike bewyse is wat die boererate ondersteun.

    En al is dit nie wetenskaplik bewys nie, maar jy weet dit werk en jy doen jou liggaam ‘n guns – waarom nie?

    n Knoffelhuisie in die oor vir oor-ontsteking – sny net die puntjie af dat die olie kan inloop. Smeer piesangskil aan enige jeukplek – dit werk binne minute. Byt op ‘n naeltjie vir tandpyn. Naeltjies is anti-oksidante en maak bakterieë dood. Meng kerswas, paraffien en kamfer vir skurwe hakskene en wintershande. Smeer aalwynsap op sonbrand of sere. Gooi gemmer in die tee as jy naar is, kar- of seesiek raak. Hou altyd vars gemmer, ‘n botteltjie Jamaica Gemmer sal ook wys wees, in die huis. Gooi elke dag gemmer en borrie in jou tee as jy ewig jonk en gesond wil bly. Borrie help met die bloedvloei na die brein, werk Alzheimers teë en hou jou are skoon.

    Uie en knoffel fyngedruk, gemeng met olyfolie en ‘n bietjie sout help vir enige siekte. ‘n Mediese artikel sê vier knoffelhuisies per dag oor 24-weke bring bloeddruk net soveel af soos wanneer jy Atenolol sou gebruik. Dit verlaag cholesterol en is in die antieke tye vir Olimpiese atlete gegee om prestasies te verbeter.

    Selfs vir jou diere is daar raat. Lelike wonde is met die aftreksel van ‘n kruidjie-roer-my-nie se blare genees. Dit ruik nie lekker as dit gekneus word nie, maar jy moet dit kneus, in ‘n pot met kookwater laat oornag, en die geel-bruin tee op die wonde sit. Hulle moenie dit drink nie. Die wonde herstel wonderbaarlik, vertel ‘n boer my.

    The first wealth is health, sê Ralph Waldo Emerson. Ons is nou meer as ooit daarvan bewus. En wat kos dit nou om ‘n ui, piesang, knoffelbol, borrie, naeltjies en gemmer altyd in die huis te hê.

    Lise Beswick. Foto: Verskaf

    Die skrywer is ‘n storieverteller en oud-onderwyser van Bredasdorp. Sy hou van skryf, spit en lekker soen. Verder hou sy ook van kinders leer en fietsy. Lekker gesels en ‘n koue bier op sy tyd. Sy hou van eenvoud en die liefde.

    Latest

    Hemingways Bookshop’s new chapter

    Hemingways Bookshop in Hermanus is celebrating its 25th anniversary this month. And it is doing so in the style that people have become accustomed to.

    If you’re a Braai Boet, head over here

    If you love a braai you'll probably enjoy the various braai threads on our Forum. The Faniebraai braai thread has a story to it. It's named after the late and much missed Faniebraai, who has been described by one of our Forum members as "larger than life.

    The grandeur of simple things

    Bredasdorp artist Weyers du Toit's paintings of humble objects take them to another level.

    Ek ruik ‘n rot

    Daar is 'n geheimsinnige indringer in haar hoenderhok, skryf Lise Beswick. Sy't 'n foto van die tonnel in die grond geneem. Is dit 'n vriend of vyand? Sy wens sy't 'n hoender- tolk sodat sy kan verstaan wat haar hoenders sê oor die wese.

    Water of Vodka…

    Was daar water of wodka in die ketel? Vind uit in hierdie heerlike storie deur die digter-sjef Zane Beswick.

    Clare Menck’s lyrical evocation of childhood

    Lockdown has not killed the arts. Well-known artist Clare Menck had proof of that when her art works sold briskly at a group exhibition in Rosebank, Cape Town, this weekend. The exhibition can still be viewed by private appointment.

    Bring on the magic potion! We’re gatvol of the virus!

    Lockdown diaries: Where is Getafix the druid when one needs him?

    Tippie Enslin se gebakte pere met heuning en balsamic

    Winter inspirasie: Tippie Enslin se gebakte pere is mooi genoeg om te skilder, en lekker daarby.
    NEWSLETTER

    SIGN UP

    Do you want to get the latest news from The Grotto? Enter your email address and click subscribe.